Dagsê Dorpstraat se vriende

Ons het ‘n heerlike 10 dae agter die rug, en net so ‘n great line-up” vir die volgende 10 dae. All the artists performing here are worth a listen. Laat ons sommer met die deur in die huis val.

Woensdag, 4 November, kuier die mooie Helene Bester hier by ons. Nie net sing sy soos ‘n nagtegaal nie, maar is haar vertoning ‘n belewenis. Sy word begelei deur Hilandi du Toit en Werner Carstens.

Friday, 6 November, belongs to the beloved four piece rockers Bed on Bricks, who are well known for their explosive live performances. Tickets are only R60. Bed on Bricks bassist Schalk van der Merwe will also be celebrating his birthday at this gig, and we want to invite everyone to join the party! So make your booking NOW – seats are limited! Expect a few surprise colaborations…

Saterdag, 7 November kuier die talentvolle groep, Flip a Coin by ons. 6 Aantreklike jong mans, 6 uitsonderlike stemme. Sit daarby ongelooflike energie en verhoogpersoonlikheid en wat kry jy: Flip a Coin.
Hierdie is `n a capella groep soos jy nog nooit van tevore ervaar het nie. Hulle gebruik slegs hulle stemme om `n lewendige “band” klank te kry. Hulle ritme, harmonieuse melodieë en dan nog iets vir die oog, is die resep waarom Flip a Coin hulle merk kan maak as voltydse en professionele kunstenaars in hierdie bedryf. Hul musiek is uiteenlopend en goeie vermaak vir oud en jonk.

Woensdag 11 November, kuier die manne van Zinkplaat by ons met hul splinternuwe CD Mooi Besoedeling. Hierdie is ‘n moet vir alle Zinkplaat aanhangers! Kaartjies is slegs R50 en ons bied 3 heerlike geregte met ‘n glas wyn vir slegs R55 per persoon. Wie kan hiervoor nee sê?

Vrydag 13 en Saterdag 14 November, kuier die mooie en een van ons gunsteling dames weer hier. Lize Beekman het geen bekendstelling nodig nie. Met treffers soos Sonneblom uit Bethlehem, Draadkar oor die See, Ami en Nieu-Bethesda, kan jy nie bekostig om dit mis te loop nie. Beide vertonings is amper vol, so bespreek dadelik vir hierdie onvergeetlike aand.

Net as voorsmakie kan ek noem dat vir die res van November raak dit nog lekkerder. Lucas Maree, Acoustica, Albert Frost, Valiant & Trawante, Laurie Levine, Gian Groen, Mr Cat & The Jackal en Jak de Priester is op ons bederflysie. Onthou, hierdie sal die laaste keer ooit wees wat jy hierdie kunstenaars by Dorpstraat 59 sal kan sien! Moet dit nie misloop nie.


Liefde en vrede vanaf die pienk bank

Michelle & Anita 


PROGRAM VIR NOVEMBER
 

3de

Akkedis

R50

4de

Helene Bester

R70

6de

Bed on Bricks

R60

7de

Flip a Coin

R80

11de

Zinkplaat

R50

13&14de

Lize Beekman

R80

18de

Lucas Maree

R80

20ste

Privaat Funksie

 

21ste

Acoustica

R60

24ste

Albert Frost

R70

25ste

Valiant Swart & Vrinne Birthday Bash

R80

26ste

Laurie Levine

R60

27ste

Gian Groen

R70

28ste

Mr Cat & The Jackal

R50

30ste

Jak de Priester

R80

 

PROGRAM VIR DESEMBER 

1ste

Jak de Priester

R80

2de

Andriëtte

R50

3de

Ryno Velvet

R60

4de

Nianell – UITVERKOOP –

R140

5de

Glaskas

R60

8ste

Melktert Kommissie

R60

10de

Navi Redd

R120

11de

Navi Redd  -  UITVERKOOP -   Privaat Funksie

R120

12de

Bobby van Jaarsveld

R100

14de

Ddisselblom

R90

15de

Bobby van Jaarsveld

R100

16de

CH2

R70

17de

Dozi

R80

18de

Schalk Joubert met Kayamandi

R60

19de

Henry van Dyk

R80

21ste

André Swiegers

R

22ste

Black Cat Bone & Akkedis

R

23ste

Anton Goosen & Vrinne

R80

 
BELANGRIKE INLIGTING

Alle vertonings begin om 20:30 tensy anders aangedui. Die kroeg en die kombuis is van 18:00 af oop en laaste bestellings vir die kombuis is om 19:30

Wil u op ons E-pos lys wees?
Stuur 'n e-pos na: info@dorpstraat.co.za 

Ons bankbesonderhede is:

Dorpstraat Teater
ABSA
Tjekrekening
4066983006

Besprekings kan per e-pos, of per telefoon geskied. Die nommer by die teater is:(021) 88 66 107.
As julle per internet betaal, onthou om die bevestiging vir ons te e-pos na info@dorpstraat.co.za. Julle naam is baie belangrik vir julle en vir ons, so gebruik dit asseblief as die verwysing saam met julle inbetalings.

Alle Kaartjies is 7 dae vooruitbetaalbaar en daar is 'n 48 uur kansellasie afsny punt. 

Let op dat die teater toe is op Sondae en Maandae, so besprekings kan per e-pos gedoen word, of skakel die teater en los 'n boodskap om seker te maak jy kry jou plekkie in die son.

NB!! Dorpstraat Restaurant Teater is 'n restaurant. Daar sal 'n R30 diensfooi per kop gevra word vir die mense wat nie by ons Restaurant eet nie. So moenie by die huis eet nie, ons kos is die beste in Stellenbosch!!!